Doelwitte:
- Grondbewaring (/hulpbronbewaring) te bevorder
o bekamp oorbeweiding
- Mynbou - Hofsaak Agri SA: Inligting aan lede deurgegee m.b.t. prosesse benodig om regte te beskerm
- Koolstofkrediete (Carbon Credits) aksieplan / koördinering
- Monitor impakte van Globale Klimaatsverwarming (Global Climate change) op Vrystaat boerdery
- Skakeling met LandCare Komitee van Dept. Landbou bv. Satansbos projek
- Bewusmaking aan lede van probleemgevalle & hoe dit hanteer moet word.
- Betrek landboukundiges Dept. landbou + koöperasies by Inligting verspreiding & Boerevereniging vergaderings in probleem streke.
- Data-basis onderhou van sprinkaanbeamptes Vrystaat.
Hoof aksies:
- 2 AgriSA vergaderings by te woon
- 3 Komitee vergaderings te hou
- 1 werkswinkel met rolspelers te koördineer
- Belangrike inligting aan boere deur te stuur
Mynbou:
Alhoewel mynbou en landbou twee aparte sektore is het landbou en in besonder
grondeienaars direkte belang by mynbou wetgewing en aangeleenthede.
Mynbou aangeleenthede strek heelwat verder as net goudmyne in die Vrystaat. Soutpanne
asook die uithaal van sand in rivierlope val ook onder die breër definisie van mynbou.
Heelwat landbouers het sulke aanvullende bedrywe wat bykomend tot hul primêre landbou
aktiwiteite is.
Maar seker die belangrikste van alles is die ondergrondse regte op plase asook die invloed
wat prospekteerregte op ‘n boerdery en die ekologie kan hê.
Juis hierdie regte is van kardinale belang vir georganiseerde landbou binne die konteks van
eiendomsreg. Agri SA waarvan ons in Vrystaat Landbou die grootste provinsiale unie is, is
tans besig om hierdie fundamentele regte van ons lede te beskerm deur ‘n toetshofsaak
teen die staat rondom mineraalregte. Vrystaat Landbou dra dan ook van al die provinsiale
unies die meeste finansieel by tot die toetssaak.
Graag wil ons u meer inlig tot die agtergrond en vordering van hierdie saak. Ons moet besef
dat ‘n individuele eienaar kan nie alleen staan om die litegasiekoste te dra nie, maar as ons
saamstaan kan ons die beginsels vestig vir elke landbouer in die land. .