Mnr Jaco Minnaar
jaco@compuking.co.za
Komiteelede:
Dan Kriek, Johan van Tonder
Personeellid:
Elana Bester
elana@vslandbou.co.za
Die Inligting en Tegnologie komitee het ten doel om toe te sien dat verspreiding en weergee van relevante, akkurate en intydse inligting aan die lede van Vrystaat Landbou geskied, asook om die werksaamhede van die organisasie aan die breër publiek en die regering uit te dra. Die komitee is gemik om kommunikasie tussen die lede op grondvlak, bestuur en personeel te bevorder en bespoedig, sodat Vrystaat Landbou die rigtinggewende spreekbuis vir kommersiële landbou kan bly. Hierdie afgelope jaar is daar baie goeie vordering gemaak om hierdie oogmerk te bereik. Die algemene uitleg van die webwerf is verbeter en meer gebruikersvriendelik gemaak, verskeie afdelings is toegevoeg om inligting beter te kategoriseer, en dus meer relevant. Algemene inligting op die webwerf sluit ondermeer in Vergaderingdatums, kursusse, nuusbrief, kongresstukke, organisatoriese struktuur, kontak nommers, ens. Werksaamhede van Vrystaat Landbou word ondermeer beskryf in die komitees, werksdokumente, AgriSA. Verskeie venote van Vrystaat Landbou word op die webwerf getoon om erkenning te gee en ook die nodige blootstelling te gee. Toepaslike staatsdepartemente se webskakels is maklik verkrygbaar en dien dus as hulpmiddel vir boere om inligting te bekom. Die Internet en Tegnologie komitee het ten doel om die volgende jaar se dienste verder uit te brei deur sekere inligting te beperk tot lede, die kommunikasiekanaal tussen bestuur en lede verder te verkort en elke lid deel te laat hê aan ons dinamiese en ontwikkelende organisasie. www.vslandbou.co.za - “Watch this space!”