Doelwitte:
- Grondhervorming en AgriBEE te laat slaag tot voordeel van alle rolspelers en landbou in totaliteit
- Ekonomiese eenhede en volhoubaarheid binne grondhervorming te bevorder
1. Wees op hoogte van die Grondhervormingsproses en hou boere ingelig:
- Herverdeling
Databasis: Volg leiding van AgriSA oor nasionale databasis, Onderhou provinsiale databasis, Bevorder en verwerk inligting: Kaarte, Aktes, Munisipale rolle, ens.
Voedselsekuriteit: assisteer DGS/DvL om nuwelingboere so gou moontlik volhoubaar te vestig
Koördineer die beskikbaarstelling van landbou grond deur lede
- Restitusie
Ondersteun boere waarop grondeise ingestel is
- ESTA
Ondersteun boere met verblyfsregprobleme
Help om beleid i.v.m. plaasbewoners in die regte rigting te beïnvloed
Dokumenteer (“highlight”) die dienste wat boere reeds aan hulle werkers bied
2. Hou die wette dop en interpreteer invloed op grondregte
3. Hou boere op hoogte van AgriBEE verwikkeling, dokumenteer suksesverhale
4. Ondersteun die GrondForums van die AgriForums met bedinging oor grondbelasting
5. Inskakeling by boerevereniging en monitering van ten minste 1 opkomende boer per streek met samewerking van kommoditeitsorganisasies en banke
Hoof aksies:
- 2 besoeke aan Pretoria vir AgriSA se Grondsake vergaderings
- 4 Vrystaat Landbou grondsakekomitee vergaderings
- 3 ad hoc vergaderings voor begroot
- Maandelikse tot 6-weeklikse vergaderings met DoA / DLA