Voorsitter

Kobus Nel

kobusbabsie@yahoo.com

Personeellid

Carmen Frylinck

carmen@vslandbou.co.za

 Besproeiing en watersake
Minimize

Tans word daar met die Department van Waterwese onderhandel om dringend die beleid wat op die tafel is met Koppies en Sandvet tot ‘n aanvaarbare oplossing af te handel.

Die beleid rakende boorgate en die verifiëring van inlysting af te handel.
     
KONTAKPERSONE: Kobus Nel (voorsitter) 082 574 3625
  Gradus Teseling (vise-voorsitter) 082 856 2452
FUNKSIONARIS:   051 444 4609
 

Die Besproeiing- en Watersake komitee hanteer alle sake rakende water wat landbouers in die Vrystaat raak.

NASIONALE WATERWET
Die Nasionale Waterwet is in 1998 geimplementeer. Registrasie van waterverbruik is tans aan die gang en alle waterverbruik moet voor 31 Maart 2001 geregistreer wees.

Alle waterverbruikers wat aangesê word om te registreer het ‘n statutêre verpligting om dit te doen. In die toekoms, wanneer waterverbruikers verplig sal word om vir lisensies aansoek te doen, sal diegene wat versuim het om te registreer, se kanse benadeel word om ‘n lisensie te bekom.
Alle waterverbruikers wat nie hulle water van ‘n diensverskaffer, plaaslike owerheid, waterraad, besproeiingsraad, staatswaterskema of enige ander grootmaat watervoorsiener kry nie en wat water verbruik vir:

  • besproeiing

  • mynboudoeleindes

  • nywerheidsgebruik

  • voerkrale en

  • kragtens ‘n algemene magtiging moet registreer. Dit sluit oppervlak en grondwater in.

  •  

Die Nasionale Waterwet laat toe dat water vir redelike huishoudelike gebruik van enige waterbron deur enige iemand geneem kan word. Geen lisensie of registrasie word hiervoor benodig nie. Dit laat ook ‘n persoon toe om water te onttrek vir klein tuine (nie vir kommersiële gebruik nie) en veesuipings (nie voerkrale nie) op grond wat deur ‘n persoon besit of benut word.
Vir registrasie kontak die Departement van Waterwese en Bosbou by 051-4303134 (T) of 051-4308146 (F) of posbus 528, Bloemfontein, 9300.

NUWE PRYSSTRATEGIE VIR HEFFINGS OP WATERGEBRUIK

Die volle verhaling van kostes gaan na Maart 2001 geskied. Die nuwe prysstrategie behels ‘n nuwe rondte van samesprekings met die Departement van Waterwese en Bosbou.
Die samesprekings sal handel oor depresiasiekoste en die infasering daarvan.

OPVANGSGEBIEDE AGENTSKAP IS BY KOMATIE GESTIG

Die eerste opvangsgebied agentskap is by Komatie gestig. Alle watergebruikers sal ‘n tarief (kan tussen R50 en R60 per hektaar wees) moet betaal om die kostes te dek.

Meer Inligting
Use module action menu to edit content
Kopiereg Vrystaat Landbou Terms Of UsePrivacy Statement
SENWES This website is hosted and maintained by SENWES Ltd.
www.senwes.co.za