Voorsitter

Bernard Maree

bermar@mtnloaded.co.za

Personeellid:

Henk Vermeulen

henk @vslandbou.co.za

Sulene Oosthuizen

sulene@vslandbou.co.za

Meer Inligting

Vorms en Kontrakte:

Indien u as lid van Vrystaat Landbou op die webtuiste geregistreer is, sal u volle toegang tot die aflaai van dissiplinêre prosedures en dienskontrakte hê.  Indien u probleme ondervind met die aflaai van voormelde, kontak gerus ons kantoor.

Arbeidskonsultante:

Vrystaat Landbou kan u met raad en oplos van sekere arbeidsprobleme bedien.  Aangesien Vrystaat Landbou egter nie 'n werkgewersorganisasie is nie, kan die organisasie u nie met CCMA-verhore bystaan nie.  Ons is egter in die rposes om 'n databasis van arbeidskonsultante (met die streek waarin hul werksaam is) op te stel en sal hierdie lys binnekort aan ons lede beskikbaar stel.  Hierdie arbeidskonsultante sal hul dienste teen 'n verminderde tarief aan Vrystaat Landboulede beskikbaar stel.

Inligting- en Opleidingsdae:

Inligtings- en opleidingsdae, tesame met ons geakkrediteerde arbeidskonsultante en CCMA, word aangebied.  Kontak gerus ons kantore ten einde u behulpsaam te wees om so 'n dag by u Boerevereniging te organiseer.

Kopiereg Vrystaat Landbou Terms Of UsePrivacy Statement
SENWES This website is hosted and maintained by SENWES Ltd.
www.senwes.co.za